EntertainmentLifestyle

Charlie sing vir senior burgers

Die doel is om mense positief te motiveer en erkenning te gee.

HIERDIE uithang geleentheid is gesog onder bejaardes en gee mans en vroue bo 60 die geleentheid om hul kunstige kant met die gemeenskap te deel.

Die 43ste Intergroepdag van die Suid-streek het Woensdag 16 Maart by die NG Brackenhurstgemeente plaasgevind.

Volgens Chrisna de Ru, die organiseerder, het hulle vanjaar 467 items ontvang om te beoordeel. Daar was agt afdelings naamlik, brei, hekel, stokperdjie, masjienwerk, handborduur-werk, kunsvlyt, vars produkte, groepe, bak en gebotteld. “Die hoofdoel is om mense positief te motiveer en erkenning te gee,” het Chrisna gesê.

Die oudste deelnemer was Joey van Rooyen wat 95 jaar oud is.

Kosmosgroep van Groot Vlei het weggestap met die wisseltrofee vir die beste prestasie met hulle informele nedersetting. Nettie Kotze, Barbara Engelbrecht en Chrissie Botha het gespog met die meeste inskrywings. Nettie en Chrissie het ook agt spesiale pryse vir hulle items ontvang. In die tweede plek by die spesiale pryse was Betz Izatt met ses pryse en in die derde plek was Miemie van Zyl met vier pryse. En die alom bekende Dini Jansen was vanjaar vir haar 43ste jaar by die Intergroepdag betrokke.

Ds Bella de Wet het vir die gaste geopen en oor Paastyd gesels. Alette Bosman van Tutela het in haar spreekbeurt mense meer oor Tutela ingelig en mense aangemoedig om besig te bly. “Dit is so ’n voorreg om dinge te kan skep,” het sy gesê. Tutela is die barmhartigheidsbeen van die NG Brackenhurst kerk sowel as vir senior burgers.

Alle oë was na afloop van die prysuitdeling op die plaaslike sangeres, Charlie Dicks, gerig. Sy het die bejaardes omtrent met van die outydse treffers bederf.

Chrisna het ook gesê dat hulle almal bedank wat ingeskryf het, want sonder hulle sal dié dag nie kan bestaan nie.

Mense word genooi om betrokke te raak by volgende jaar se Intergroepdag wat in Maart gaan plaasvind.

Vir meer inligting, skakel Chrisna by 082 340 2589.

Luister hier na Charlie Dicks se musiek :

Jy mag ook van dié hou :

albertonrecord.co.za/88264/boomplanting-by-ng-brackenhurst/

albertonrecord.co.za/99635/elize-spreek-vroue-toe/

albertonrecord.co.za/…/vlu-brackenhurst-tak-jaareind-vergadering/

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button