Kos-mos niks
Die kosmos blomme wat nou weer oral opskiet gee almal ’n goeie geleentheid om pragtige blomme te kry...heeltemal gratis.
DIE kosmos blomme wat nou weer oral opskiet gee almal ’n goeie geleentheid om pragtige blomme te kry…heeltemal gratis.
Vir baie is kosmos ’n tipe onkruid, dit groei miskien soos een, maar dit is beslis ’n pragtige verskynsel, veral in van die velde wat vir tye maar bietjie verwaarloos lyk. Mens kan altyd knipsels vat, of selfs by die wortel uittrek en pragtige blomme hê vir die huis, sonder die groot prys wat mens gewoonlik sal moet betaal.
Kosmos, wat van die Griekse woord vir ‘gebalanseerde heelal’ afkomstig is, het ongeveer 20 variasies in die genus en groei twee keer per jaar en een keer per seisoen.
Hierdie plant, wat in verskeie kleure voorkom, groei gewoonlik tot so tussen een en 1.8 meter hoog.
*Inligting geneem vanuit ‘The Flower Expert (Guide on Flowers and Gardening)’.
Kyk gerus na ons Kosmos gallery:
https://albertonrecord.co.za/101664/autumn-in-bloom-with-cosmos/



