DINAMIET kom in klein pakkies en dit is bewys toe die ses-jarige Andre Kemp sy teenstanders die loef afgesteek het en sy boksgeveg gewen het tydens ’n klubbyeenkoms.
Die klubbyeenkoms is op Saterdag 9 April by die Bert Collinsklub in Springs gehou. Altesaam agt klubs het hul lede in die onderskeie gewigsafdelings ingeskryf om aan die byeenkoms deel te neem.
Kemp, wat lid van die Alberton boksklub is, het in die 22kg geboks en sy gewigsafdeling gewen.



