EntertainmentLifestyle

Bouwer Bosch stel nuwe video en enkelsnit vry

Gewilde Afrikaanse sanger, akteur en komediant Bouwer Bosch se musiekvideo van sy nuutste enkelsnit, Hopelik, is gedurende die naweek van April 15 bekendgestel.

Gewilde Afrikaanse sanger, akteur en komediant Bouwer Bosch se musiekvideo van sy nuutste enkelsnit, Hopelik, is gedurende die naweek van 15 April, bekendgestel.

Die enkelsnit sal radiostasies landswyd bereik, op Maandag, 18 April.

Kyk die video hier:

Sedert Bosch in 2006 sy amptelike aankoms in die vermaaklikheidsindustrie luidkeels aangekondig het, as hoofsanger van die groep Straatligkinders, het hy aaneenlopend nuwe hoogtes in sy loopbaanb bereik.

In 2011 vat sy talent behoorlik vlam en reik hy sy eerste solo-album, Almal Maak Voute (sic) uit. Hy maak ook naam as akteur in films soos Klein Karoo, Mooi Rivier, Strikdas, Pad na jou Hart en Trouvoete.

Hy bewys homself ook as rolprentmaker met Vuil Wasgoed, wat die toekenning vir Beste Kort Film by die 2015 kykNET Silwerskermfees wen – ’n rolprent wat deur Bouwer Bosch Films vervaardig is en waarvan hy en Bennie Fourie die skryf en regie behartig het.

Hul vertolk ook rolle in Vuil Wasgoed.

In 2015, nader die vervaardigers van die rolprent Die Pro hom om die temalied vir hierdie gewilde film te skryf en gevolglik sing hy die lied, Vlug, op die klankbaan.

Hy is ook sedert Mei 2015 mede-aanbieder van Flits, sy aktualiteitsprogram op kykNET.

Bosch is tans besig met die verfilming van Deon Meyer se jongte rolprent, Jagveld.

Hy is egter in sy noppies om ook op sy musiekloopbaan te konsentreer.

Volgens hom handel Hopelik oor weerloosheid.

“In ’n verhouding, in my geval my huwelik, is groei van belang. Om weerloos te wees is belangrik vir jouself en die verhouding,” verduidelik hy.

“Maar eerlikheid maak seer en is een van die moeilikste dinge in ‘n verhouding. Om jou hart altyd op jou mou te dra is moeiliker as wat ‘n mens dink.

”Hopelik is ‘n lied wat my uitdaag om meer weerloos te wees binne my eie huwelik en my verhouding met die mense om my.”

Hopelik, wat die radiogolwe met mening gaan tref, is deur Bosch, Peach van Pletzen en Matthieu Auriacombe geskryf.

*Inligting en foto verskaf deur Alicia van Deventer van Starburst Promotions.

U mag ook belangstel in:

*albertonrecord.co.za/97138/len-miller-se-nuwe-enkelsnit-vrygestel/;

*albertonrecord.co.za/93746/daniel-se-hart-klop-vir-afrikaans/;

*albertonrecord.co.za/92612/saarkie-stel-nog-n-snit-vry/

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button