School sportSport

Namies wen weer

Die Hoërskool Dinamika het hul vyfde agtereenvolgende ligawedstryd teendie Hoërskool Bastion, op Saterdag, Mei 28, gewen.

Die HOËRSKOOL Dinamika het hul vyfde agtereenvolgende ligawedstryd, op Saterdag, 28 Mei, teen die Hoërskool Bastion, gewen.

Die Namies is nou een stap nader aan die finaal van die Goue Leeus Liga vir Groot Skole, en met net een wedstryd oor, teen die Hoërskool Jan Viljoen, is dit moontlik dat Dinamika onoorwonne kan deur gaan.

Die wedstryd was nie die beste om te aanskou nie, aangesien daar baie agressie was, en Bastion het met verskeie geel kaarte betaal, maar daar was ander gevalle wat ongesiens gegaan het.

Dinamika het goed begin en baie druk op die opposisie gesit, wat uiteindelik in punte omskep is. ‘n Drie deur vleuel Keano Annandale in die hoek van die doellyn, en die twee addisionele punte wat deur heelagter Cha Deiker deur die pale gejaag is, het die telling tot 7-0 gebring.

Bastion het kort daarna teruggeslaan, na hul ‘n strafskop in punte omskakel het, en sodoende die Namies se voorsprong tot net vier punte verminder het.

Ongelukkig vir Bastion was dit van daar af net een-rigting verkeer, en Deiker het met twee drieë en die omskep-skoppe deur Annendale die telling tot 21-3 teen halftyd gebring.

Na die breek het die Namies flank, Jason Zeiss, die bal van die opposisie weggevat en onder die pale gaan druk, en nog twee punte is bygesit deur Armand Steyn, wat Annendale halftyd vervang het.

Daarna het Deiker gesorg vir nog vyf punte deur ‘n goeie drie in die hoek, na ‘n goeie vertoning van eie-briljantheid.

Dit moet gesê word dat Bastion hard teruggeveg het nadat Dinamika gelyk het of hulle die remme bietjie aangesit het, met die opposisie wat teruggekom het in die spel met twee omskepte drieë, wat die telling bietjie meer gebalanseerd laat lyk het, met 33-17.

Die enigste opvallende aspek van Dinamika se spel wat miskien rede is vir kommer, is hul foute van hul eie afskoppe, maar andersins was dit ‘n goeie vertoning deur die onoorwonne span.

Volgende wag die Hoërskool Jan Viljoen om die Namies van hul troon af te stamp.

*Verslag en foto deur Wayne Raath.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button