VERSKEIDENHEID: Cynthia Pretorius en Dawn Young by hul tafel vol goedere.
DIE Alberton Aftree-oord het op Saterdag, 4 Junie, ‘n gesellige dag gereël, met heerlike kos en ‘n lekker gekuier.
Die dag is deur die oordkomitee gereël, onder leiding van Karen Muller, en het ‘n pretloop om vir besoekers die pragtige tuine te wys, ‘n potjiekosete met 21 geregte, gaskunstenaar Rudi van Niekerk, en ‘n uitstalling van inwoners se handwerkmark, wat vir hulle ‘n geleentheid gebied het om hul ware te verkoop, behels.
U mag ook belangstel in:
*albertonrecord.co.za/106916/aftree-oord-hou-fondsinsameling/;
*albertonrecord.co.za/97950/alberton-aftree-oord-bak-weer/
SMUL LEKKER FUDGE: Nog lekkergoed om die mond te laat water.
LEKKERNYE: Koek, koekies, en allerhande lekker goed.
RUGBYGEES: Daar was selfs iets vir die rugbygeesdriftiges.
KRALE EN MEER: Van die kleurvolle goedjies om van te kies.
SKOENE EN NOG SKOENE: Gemaak vir gemak. Hierdie stalletjie kon beslis iets bied vir dié wat na gemaklik loop gesoek het.
PRET BY ALBERTON AFTREE-OORD: Inwoners van die oord en gaste uit die gemeenskap het gesellig saam gekuier in die winterson.
SMAAKLIKE BESKUIT: Christo Vorster, Marizél Schwarz en die bakker, Willie Pieterse.
SING HOM: Rudi van Niekerk, die gaskunstenaar, in aksie.
POPPE SAL DANS: Elsa Williamson (links) en Talana Williamson het popklere en oortreksels verkoop.
POTJIEKOS: Mense het by van die potjies wat aan die kook was vergader.
VERF DIE STAD ROOI: Delrize van Derm (links), saam met Lizette van Derm.
BILTONG EN “DIP”: Juanita Lombard het biltong en lekker souse verkoop.
PRAGTIG: ‘n Reeks goedere soos mosaïek borde, tafeldoek-gewiggies, servet-houers, ens.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Support local journalism
Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.