ALBERTONNERS het stadig maar seker die warmer weer getrotseer en die Konsert in die Park, by Rietvlei op Donderdag 16 Junie geniet.
Bo en behalwe vir eerste klas vermaak deur sangers soos Dewald Wasserfall en Alberton se eie Xanilee Hammond, was daar stalletjies wat allerhande snuisterye verkoop het en ook hope vermaak vir die kinders.
ALBERTON SE STER: Xanilee Hammond was ook een van die kunstenaars by Rietvlei Zoo se Jeugdag in die Park.
VANG DIE OOMBLIK VAS: Inwoners was baie deur die kunstenaars vermaak tydens Jeugdag in die Park.
IETS VAN ALLES: Uitstallers van regoor Alberton het tydens Jeugdag op 16 Junie hul beste voetjie voorgesit en hul produkte en dienste ten toon gestel.
JEUGDAG WAS PRET: Daar was baie om te doen op Jeugdag by Rietvlei Zoo se Jeugdag in die Park konsert. Oud en jonk was vermaak.