Droomseisoen vir Allies se tweedespan
Hoerskool Alberton se tweede rugbyspan spog met ’n wen-titel.
DIT was deurdruk tot die einde toe en hierdie span het beslis die vrugte van hul harde werk gepluk.
Allies se tweede rugbyspan het as onoorwonne uit die Leeus Grootskole Liga getree en kan met reg trots wees op hul prestasie en uitmuntende spel gedurende die seisoen.
Maklik was die pad dalk nie en hulle het soms harde bene gekou, maar hul spangees is omgesit in ’n veggees wat hulle die een wedstryd na die ander laat wen het. Baie geluk aan dié span.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za



