Radio Raps vertoning skuif
Kaartjies het soos soetkoek verkoop maar die goeie nuus is, daar is nou meer kaartjies beskikbaar
DANKSY A-Square Forklift Alberton Rugbyklub se vinnige ingryping, kan menige aanhanger van die gewilde Radio Raps se Jonathan, wie nie kaartjies vir sy vertoning op 10 Augustus kon kry nie, nou gehelp word.
Hierdie vertoning ten bate van Stepping Stone Hospice in Alberton, was oorspronklik beplan om by Reading Country Club plaas te vind. Teen alle verwagtinge, het die kaartjies so vinnig verkoop dat verskeie mense weggewys moes word as gevolg van beperkte spasie.
Brenda Peach van Stepping Stone Hospice en organiseerder van hierdie fondsinsamelingsfunksie, verduidelik dat ’n gesprek met Alberton Rugbyklub se Manie Reyneke en Stefan Fourie daartoe gelei het dat die klub goedgunstelik hulle boma by die klub in Florentia, Alberton beskikbaar gemaak het vir die funksie.
“Waar ons aanvanklik net 140 mense kon akkommodeer, kan 300 mense nou met gemak die vertoning kom geniet.”
‘Laat ek jou só sê’ word briljant deur Jonathan saamgevat in ’n eenmanstuk wat handel oor dinge van die lewe wat alledaags is en ons kan irriteer. Hierdie gewilde komediant is veral bekend vir sy sê-goed soos “Lekker boys”, “Da vat hy”, “Okeey”, “Olraait” en “Basics boys, basics.”
Die toegangsfooi van R350 per persoon sluit ’n aandete in. Verskeie pryse kan ook gewen word, onder andere ’n helikoptervlug en ’n vierbal om ’n rondte gholf op die Parys Gholfbaan te gaan speel.
Kontak Brenda vir kaartjiebesprekings by 063 684 1408 of brenda@steppingstonehospice.co.za.
Let wel, daar is ’n ouderdomsbeperking, geen kinders onder 16 jaar as gevolg van taalgebruik in die vertoning nie.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za



