
ANDRÉ Kemp het sy boksvernuf ten toon gestel toe hy met ’n veel ouer teenstander afgereken het tydens ’n bokstoernooi wat oor die naweek gehou is.
Die Ontwikkelingstoernooi is op Saterdag, 15 Oktober, in Springs gehou en 10 klubs het hul boksers ingeskryf om aan die toernooi deel te neem. Altesaam 52 gevegte het plaasgevind.
Kemp het in die 24kg afdeling deelgeneem en die geveg in sy guns laat swaai deur op sy ervaring en deursettingsvermoë staat te maak.



