EntertainmentLifestyle

Oudisies vir Fiela se kinders

Jy kan miskien een van die karakters vertolk.

LEFRA Produksies beplan om in 2017 weer ‘n verhoogproduksie van Dalene Matthee se trefferproduksie, ”Fiela se kind” op te voer.

Dit sal die derde produksie van Fiela se kind wees wat Lefra Produksies aanbied. Vorige kere was die teaterproduksies baie gewild en vir weke uitverkoop.

Frans Swart, regisseur en vervaardiger van Fiela se kind, sê hy is baie opgewonde om weer bos toe te gaan en hierdie wonderlike storie van Fiela te vertel.

“As mens ‘n goeie storie het, is dit soveel makliker om ‘n sukses daarvan te maak op die verhoog. Ons is veral opgewonde om hierdie Fiela te premiére by vanjaar se Woordfees, in Stellenbosch. Daarna vertrek Fiela op die oseaan en speel ook op die baie suksesvolle Oppiwater kunstefees,” sê Swart.

Daar word nou oudisies gedoen vir die kinders wat in Fiela se kind moet speel. Swart sê die kinderrolle in Fiela is van kardinale belang.

“Die hele storie draai natuurlik om Benjamin/Lukas en ons maak gebruik van ‘n groot en klein Benjamin/Lukas. So ook van ‘n klein en groot Nina. Hierdie rolle is baie belangrik, want dit gaan ook bepaal watter akteurs die volwasse Benjamin/Lukas en Nina gaan speel. Ons is ook op soek na Fiela en Selling se ander kinders.”

Rolle waarvoor oudisies gehou gaan word, is:

*Benjamin (kind)

Blanke seun, 10 tot 14 jaar. Fiela se vondelingkind. Seun van Barta en Elias

*Nina (kind)

Blanke dogter, 10 tot 14 jaar. Dogter van Barta en Elias.

*Lukas (volwasse)

Blanke man, 20 tot 30 jaar. Fiela se vondelingkind. Seun van Barta en Elias

*Nina (volwasse)

Blanke vrou, 20 tot 30 jaar

*Lange/magistraat /skoonmaker by Hof/boswagter/Martiens

Lang, skralerige man, 40 tot 50 jaar

*Dikke/magistraat/konstabel/veldkornet

Effens gesette man, 40 tot 50 jaar

*Willem (Kristoffel)

Blanke seun, 12 tot 16 jaar. Seun van Barta en Elias.

*Dawid (Tollie)

Bruin seun, 12 tot 16 jaar. Seun van Fiela en Selling.

*Emma (Kitty)

Bruin dogter, 14 tot 18 jaar. Dogter van Fiela en Selling.

*Tant Gertjie (Malie)

Blanke vrou, 40 tot 50 jaar.

Swart sê hy is onder andere baie trots op Stefan Vermaak (Villa Rosa) wat agt jaar gelede vir Lefra gespeel het as die klein Benjamin (foto) en sy eerste tree in die vermaaklikheidswese gegee het onder regie van Sandra Prinsloo.

“Hierdie is so ‘n lekker rol vir enige seun wat ‘n belangstelling in die teaterweses het,” sê Swart.

“Dit sal help as die kinders reeds drama opleiding gehad het, maar dit is beslis nie ‘n vereiste nie.”

Belangstellendes kan CV’s en ‘n onlangse foto epos aan admin@lefra.com.

Die sluitingsdatum vir oudisies is 2 Desember, om 13:00.

Vir meer inligting, skakel gerus vir Charl Senekal by 011 815 3000, of stuur ‘n epos aan info@lefra.com.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button