ADAM stel Vergifnis se musiekvideo vry
Kyk die video hier: https://www.youtube.com/watch?v=sBDYZ67Ny5o
ADAM se splinternuwe musiekvideo vir hul trefferlied Vergifnis, is op Vrydag, 25 November, uitgereik.
ADAM is sekerlik een van die produktiefste groepe vandag in Suid-Afrika. Na hul eerste album, Adam, in 2011 verskyn het, het hulle Vir jou gemaak (2012) en daarna Goud (2014) uitgereik. Al drie hierdie albums het goue status bereik. ADAM (Hugo Ludik, Kyle Grant en Reynardt Hugo) se vierde Afrikaanse album getiteld, Hoogtevrees, is gedurende Augustus uitgereik. Die titelsnit van die album het die nommer een plek op verskeie radiostasies se trefferparades gehaal en die tweede enkelsnit, Vergifnis, wat onlangs uitgereik is, is kort op sy hakke.
Kyk die video hier: ADAM se nuwe musiekvideo, Vergifnis
*Mediavrystelling verskaf deur Danelle Liebenberg van Starburst Music.



