Local sportSport

Room van ringtennis trek saam op Alberton

Spelers hou Alberton se naam hoog tydens toernooi.

ALBERTON – Die room van die land se nasionale en provinsiale ringtennisspelers, verteenwoordigend van die voorste ringtennisklubs in die land het op Alberton saamgetrek vir die jaarlikse SA ringtennis-klubkampioenskappe.

Albertonklub het in sy openingswedstryd met Pretoria 12-8 klaargespeel en daarna Parke van Vaaldriehoek aangedurf, maar is met 6-14 uitgeskakel. In die uitspeel om derde plek moes Alberton vir Tuks aandurf en delf die onderspit met 8-12.

Standerton wat Tuks in die semi-finaal met 14-6 uitgeklop het, verower die gesogte klubkampioenskapstrofee deur in die finaal Parke met 16-4 uit te oorlê. Vanjaar se finale uitslae was ‘n herhaling van die 2008 klubkampioenskappe ook op Alberton, waar Standerton ook die wenners en Parke die naaswenners was met Alberton weer vierde.

In die B-afdeling het die spanne so geëindig: 1 Standerton, 2 Parke, 3 Pretoria, 4 Tuks, 5 Polokwane, 6 Kempton, 7 Alberton, 8 Wattville.

Alberton A se uitblinkers was Dian la Cock en Hanno Pienaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button