DEWALD Johan Bloem is ‘n veelsydige sportman en het sy staal al in drie sportsoorte gewys.
Van kindsbeen af blink hy op die sportveld uit in stoei, rugby en, by die kalmer waters, visvang.
Op 15-jarige ouderdom behaal hy ‘n vierde plek in die Suid-Afrikaanse Swinger Stoei Ope kampioenskappe. Hy verwerf ook honneurskleure in rugby by sy skool en ontvang verskeie bekers in visvang.
Na skool verwerf Dewald sy Suid-Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie kleure. Op die oomblik is hy lid van die Gauteng A-span en Vereeniging Hengelklub.
Die 11-jarige Deham Bloem, wat tans ‘n leerder van die Laerskool President Steyn is, volg so reg in sy pa se skoene.
Op 10 Desember 2016, oorheers hy en sy pa die Vereeniging Hengelklub se jaarlikse prysuitdeling en loop weg met al die pryse. Pa en seun maak skoonskip en oes die volgende toekennings by die prysuitdeling in:
Swaarste Sakke Vis vir die Jaar: D J Bloem en D Bloem
Moddervis: D J Bloem en D Bloem
Penkoppe: D Bloem
Senior Provinsiaal: D J Bloem
Karp: D J Bloem
Penkoppe: D Bloem
Senior Provinsiaal: D J Bloem
Swaarste Sak Skubvis vir die Jaar: D J Bloem
Penkop: D Bloem
Senior Provinsiale kleure: DJ Bloem
Victor Ludorum: Penkoppe D Bloem
Provinsiale Kleure verwerf en Senior A: D J Bloem
Victor Ludorum – Seniors Provinsiaal: DJ Bloem
Algehele klubkampioen 2016: DJ Bloem
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



