Reanate sal gemis word
Reanate Stiefel sou 9 Oktober 72 jaar oud geword het. Sy en haar man het gedurende 1972 na Suid Afrika verhuis. Haar man het haar ongeveer twintig jaar gelede ontval. Sy het al die jare as ‘n laboratorium assistend gewerk – watter rigting, weet ek nie. Uitstaande kenmerk was haar dors na kennis, sy het …

Reanate Stiefel sou 9 Oktober 72 jaar oud geword het. Sy en haar man het gedurende 1972 na Suid Afrika verhuis.
Haar man het haar ongeveer twintig jaar gelede ontval. Sy het al die jare as ‘n laboratorium assistend gewerk – watter rigting, weet ek nie.
Uitstaande kenmerk was haar dors na kennis, sy het dan ook wyd gelees, en ‘n ontsettende algemene kennis gehad, en was ons groot staatmaker wanneer ons vasvra kompetisies gehou het.
Afgesien van sport, het sy in alles belanggestel. Klasieke musiek en ballet opvoerings was haar groot liefde. Syself het die klavier bespeel. Sy (die afgelope drie jaar as sekretaris by Probus diens gedoen) het ook ‘n groot belangstelling in tale gehad, en het vroer die jaar saam met ‘n vriendin Karin Gehm (was ook die afgelope drie jaar die President van Probus – ekself het by haar oorgevat as President) na Frankryk gereis om ‘n kursus in die Franse taal te loop.
Philip Malherbe



