EntertainmentLifestyle

Alles wat lekker is by Ligstad Mark

Daar is baie stalletjies om van te kies en daar is ietsie vir almal.

SATERDAG 4 Maart het die Ligstad Mark plaasgevind by die Ou Eeufees Kerk, in Alberton-Noord. Daar was ‘n oorvloed van lekkernye, handgemaakte items, antiekeware en sommer allerlei ander goedjies te koop.

By die ingang van die kerk is mense verwelkom deur aangename reuke van pannekoek en kerrie en rys – dié is natuurlik gemaak volgens tradisionele resepte. Daar was ‘n groot verskeidenhied stalletjies om van te kies en daar was ietsie vir almal. Van handgemaakte juwele tot lekkerpakkies, van antieke versamelware na kussings met katte op, van handgemaakte blompotte tot tweedehandse boeke – hier kon elke lid van die gesin wegstap met ‘n glimlag en ‘n winskopie.

TRADISIONELE RESEPTE: Kerrie-en-rys was teen ‘n goeie prys, selfs met ‘n bietjie klapper “nes ma s’n”.

Woon gerus die volgende Ligstad Mark by en ondersteun hul gemeenskappie. Die volgende Ligstad Mark sal 6 Mei plaasvind, by die Ou Eeufees Kerk, van 9:00 tot 14:00.

Om uit te stal kos R50 per tafel, en uitstallers kan al van 7:00 opdaag om hul stalletjies voor te berei. Vir meer inligting, kontak gerus Andra Badenhorst op 082 896 4288.

LEKKERNYE EN MEER: Woon die volgende Ligstad Mark by op 6 Maart vir lekkernye en winskopies – of stal sommer jou eie ware uit teen R50 per tafel.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button