Stella se debuut album teen April op rakke
April 28 sal haar album digitaal beskikbaar wees op iTunes, Apple Music, Google Play en MiTracks.
STELLA, ‘n talentvolle Afrikaanse gospel-sangeres van die musiekgroep Duis:Lig, stel haar debuut solo-album, Nuwe Môre, in April vry.
Op 28 April sal haar album digitaal beskikbaar wees op iTunes, Apple Music, Google Play en MiTracks. Stella is baie opgewonde oor Nuwe Môre.
“Dit is ‘n samestelling van liedjies wat ek oor die afgelope vyf jaar geskryf het,” sê sy. “Baie hart het in die liedjies en hul produksie ingegaan. Mense kan iets nuut verwag. Die lirieke is deur die regte lewe geinspireer en dit vertel ‘n storie. Ek glo elke persoon sal iets op hierdie album kry waarmee hulle kan identifiseer, hetsy dit jou liefde vir die natuur is of jou laat terugdink na jou kinderdae. Ek hoop hierdie album inspireer mense om die mooi in die lewe te sien,” sê sy.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



