LettersOpinion

Vreeslik behandel by SASSA

Hierdie tipe van ding gebeur so gereeld en hierdie barbare word dan beskerm, hoe kan dit toegelaat word?

Bianca Erasmus skryf:

EK wil iets onder almal se aandg bring want ek weet die saak gaan buitendien weer onder die mat gevee word.

Ek en my moeder het SASSA (South Africa Social Security Agency) in Germiston besoek op 20 April.

Ons het in die ry gesit waar een van SASSA se amptenare na ons toe gekom het en gekyk het of al die dokumentasie reg is. Dit was, volgens hom, in orde.

Ons het aanbeweeg met die ry en sowat 10 minute later het ‘n ander man daar opgedaag, baie arrogant en ongeskik. Hy vra toe my ma heel ongeskik of sy seker is dat sy 60 jaar oud is, asof sy lieg, en ek sê toe vir hom dat hy nie nodig het om ongeskik te wees nie en dat iemand klaar gesê het alles is in orde.

Die man het toe sy vinger in my gesig gesit en gesê dat hy nie met my praat nie, toe na my ma toe gewys en gesê: “You answer my question”.

Ek het hom toe gevra hoekom hy so ongeskik is en hy het my rassisties beledig en gesê: “What are you (white people) going to do about it”. Ek het aan hom gesê dat dit nie nodig is om rassisties te wees nie, en dat ek geen rassistiese aanmerking teenoor hom gemaak het nie. Hy het toe gesê hy gaan my uitgooi as ek nie stilbly nie en toe ek vra om die bestuurder te sien het hy begin skree dat hy die bestuurder is en dat hy aan my kan doen wat hy wil.

Hy het my toe begin stamp en toe my ma probeer tussen ons kom het hy my in die gesig geklap en toe kom ‘n sekuriteitsvrou en druk my hard teen die muur vas terwyl hulle my aanval.

Hierdie tipe van ding gebeur so gereeld en hierdie barbare word dan beskerm.

Hoe kan dit toegelaat word?

Ek het ‘n saak by die polisie gaan maak, maar lyk my daar gaan ook niks van kom nie, want ek moes al die pad polisie stasie toe gaan om die man kamstig te gaan uitken, maar toe was hy nie daar nie.

Die regte bestuurder bel my toe en sê die man is op studieverlof en hy my wil sien.

Toe ek hom vra waar hy my nommer kry het hy gesê die polisie het dit vir hom gegee. Hoe is dit toelaatbaar?

* REKORD het al op soortgelyke gevalle wat by Alberton se binnelandse sake gebeur het berig gelewer, en nie amptelike kommentaar oor die sake gekry nie. Ons het vir die polisie en vir SASSA gekontak, maar hulle het nie kommentaar gelewer teen tyd van publikasie nie. Die bestuurder se nommer het heeltyd net direk na ‘n antwoordmasjien gegaan.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button