School sportSport

Maak spasie vir Marais Viljoen

Marais Viljoen het aan die PUK-reeks deelgeneem.

HOËRSKOOL Marais Viljoen se wintersport spanne het op 5 en 6 Mei aan die PUK-reeks, wat in Potchefstroom aangebied is, deelgeneem.

HOKKIE BOKKIES: Die o-14A hokkiespan van Hoërskool Marais Viljoen het na ‘n bittertaai wedstryd in die PUK-reeks met 1-0 verloor. Hulle spog met ’n tweede plek in die reeks, wat uit 16 skole bestaan. Saam met hulle is hul afrigter, Joe Buitendag.

Al die skool se spanne het uistekend gevaar en het meeste van hulle eerste of tweede plekke behaal. Die skool is baie trots op die spanne.

RUGBY: Die o-14 rugbyspan van Hoërskool Marais Viljoen het aan die PUK-reeks deelgeneem op 6 Mei en het hulle na ’n tawwe wedstryd 13-15 teen Hoërskool Montana verloor. Die span spog steeds met silwermedaljes. Hier is die span saam met hul afrigters, Helgard Muller en Gert Cramer.

WELGEDAAN: Die tweede netbalspan van Hoërskool Marais Viljoen het as die wenners uit die PUK Prestige Reeks, wat gebasseer is op sterk kompetisie en die ontwikkeling van netbal onder die jeug, gestap. Saam met die span is hul afrigter, Liezel Pretorius.For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button