Span vaar goed in toernooi
Baie geluk aan die 0-15 span van Hoërskool Marais Viljoen.
HOËRSKOOL Marais Viljoen se o-15A netbalspan het tydens die Motsepe-toernooi op 5 Augustus agtste in Gauteng geëindig.
Die toernooi was by Laerskool Concordia in Boksburg aangebied en die span het hulself goed van hul taak gekwyt. Langs die pad het hulle ondermeer bo-oor Helpmekaar met 23-4 geloop en Centurion met 15-11, om maar twee van die teenstanders te noem.

Hulle poelindeling was:
- Rondte een teen Helpmekaar
- Rondte ses teen Centurion
- Rondte nege teen Rand Park
- Rondte 11 teen Transvalia.
Die skool is baie trots op die span en het ook Bennie Henning Photography bedank vir die fotos wat hy tydens die wedstryd geneem het.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



