EntertainmentLifestyle

NG Oos-Kerk se lente basaar op Meyerplaas gehou

Let asseblief op dat hierdie nie die Klipkoppie Fees is nie.

DIE NG Oos-kerk nooi ieder en elkeen uit om hul lente basaar en gesinsdag op Meyerplaas-skuur op 2 September by te woon.

Een van die hoogtepunte gaan die 4×4-skattejag, onder leiding van RSG se Francois Rossouw, wees. Maar moet nie vergeet van die heerlike kosstalletjies nie – daar sal burgers, worsrolle, pannekoek, kerrie en rys, poeding, lekkergoed, koeldrank, bier, koffie, tee en vele ander lekkernye wees om te koop. Daar sal ook springkastele en ‘n speelpark vir kinderpret wees.

Toegang is gratis. Inskrywings vir die 4×4-skattejag word slegs op dié dag aanvaar. Let asseblief op dat hierdie nie die Klipkoppie Fees is nie.

Die Meyerplaas is by Fore Straat geleë. Vir enige ander navrae, of om ‘n stalletjie te bespreek, kontak gerus vir Tim Jelliman op 083 627 0399.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button