School sportSport

Dinamika spog met wiskunde-genieë en ‘n stoeikampioen

“Baie geluk aan elkeen van julle,” het Leandri Prinsloo namens die skool vir hulle gesê.

HOËRSKOOL Dinamika spog met drie uitblinker-leerders – twee wat uitsonderlik presteer in wiskunde, Elizma Schöltz en Daniel Brown, en een wat groot naam as ‘n stoeikampioen maak, Lezandri Zandberg.

Graad 10 leerder Elizma Schöltz het 99 persent vir die kwartaal in haar Add Maths-klas verwerf. Graad Nege leerder Daniel Brown het ‘n eerste plek in die Distrik se Wiskunde Oplimiade behaal en na die Provinsiale Wiskunde Olimpiade deurgedring, waar hy ‘n algehele 10de plek in Gauteng behaal het. “Baie geluk aan elkeen van julle,” het Leandri Prinsloo namens die skool vir hulle gesê.

Lezandri Zandberg, Graad 10 leerder, het in 2010 (op die ouderdom van nege jaar) met Amateurstoei begin. Sy het Suid-Afrika in 2016 by die Kontinentale Kampioenskappe in Algerië verteenwoordig, waar sy ‘n vierde plek behaal het.

KOP VIR SYFERS: Elizma Schöltz, Graad 10.

Lezandri styg intussen uit en wen die SA Presidente Kampioenskappe, die SA- Kadette Kampioenskappe, asook die eerste prys vir die SA Jeugkampioenskappe.

In 2017 dring sy weer ‘n keer deur na die SA Presidente Kampioenskappe en stap weg met die wentitel vir ‘n tweede keer! Lezandri bewys weer haar vernuf by die Kadette- en Seniorkampioenskappe, deur haar agtste SA-titel te verwerf.

Sy het gekwalifiseer en is gekies om in die span te wees wat Suid-Afrika, tydens ‘n opleidingskamp en ‘n toernooi waar stoeiers van Oregon en Kanada in hierdie maand (Oktober) gaan deelneem, te verteenwoordig. Lezandri vertrek 30 September na Oregon.

WISKUNDE-UITBLINKER: Daniel Brown, Graad Nege.

Haar groot droom is om Suid-Afrika eendag by die Olimpiese- of Statebondspele te verteenwoordig. “Baie sterkte met jou toekoms, ons glo jou droom sal bewaarheid word,” het Prinsloo namens die skool gesê.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button