Polfyntjies vir Kersfees
Kom geniet 'n genotvolle aand propvol musiek - jou kostes is donasie van R50

DIE projek Polfyntjies vir Kersfees is drie jaar gelede deur Coert Grobbelaar in die lewe geroep. Die projek was tot op hede ‘n reuse sukses en daar word geglo dat dit hierdie jaar weer so sal wees.
Polfyntjies vir Kersfees is ‘n liefdadigheidsprojek vir die behoeftige inwoners van Alberton om ook vir hulle ‘n ietsie vir Kersfees te gee. Die boodskap aan hulle is dat hulle raak gesien word en dat hulle nood erken word. Dit is een keer in die jaar wat ‘n gemeenskap die geleentheid het om goed te doen aan andere wat nie het nie.
Coert is die beskermheer van die Cantare Kinderkoor en het besluit om hierdie jaar die projek in samewerking met die koor aan te bied as deel van hulle projekte vir liefdadigheid.
Die geleentheid word op 3 November om 7nm in die Alberton-Suid NG Kerk, Raceview, aangebied. Kore wat sal optree is die Cantare kinderkoor, die Alberton Mannekoor, die Alberton Dameskoor en andere.
Gaskunstenaars wat saam met die kore sal optree is die liriese tenoor Phiwe Makaula, die bekende Michelle Veenemans en saam met haar Rochelle Veenemans, asook die dramatiese tenoor Coert Grobbelaar.
Daar word van die publiek gevra om as ingangsfooi ‘n donasie van R50 of meer per persoon saam te bring. Daarby word volwassenes versoek om nie-bederfbare kos soos blikkieskos saam te bring. Kinders word gevra om speelgoed saam te bring vir sy of haar ouderdom. Dogters kan vir dogters bring en seuns vir seuns. Die pakkies moet asseblief reeds toegedraai wees en duidelik wys vir watter geslag en ouderdom die pakkie bedoel is.
Albertonners – daar word op jul knoppies gedruk om te kyk hoe groot hierdie projek hierdie jaar kan wees. Kom ondersteun Polfyntjies vir Kersfees en geniet ‘n genotvolle aand van musiek.
Vir meer inligting kontak Carlien 082 257 1407.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



