
Dit is vir my ’n eer om te sien hoe Suid-Afrikaners op 30 Oktober saamgestaan het om te sê dat plaasmoorde end moet kry.
Ek het nog voor die groot Swart Maandag vir ons land gebid want ek is ’n mens wat dinge gaan opsoek en lees. Na die fliek Treurgrond het ek, as iemand wat glad nie ’n plaas besit nie, meer en meer oor plaasmoorde gaan oplees en hoe dit vir kriminele amper ’n speletjie geword het.
Dit gaan nie meer oor inbreek en steel nie. Dit is nou torture en doodmaak. Wat het met ons land gebeur? Hoekom kan ons almal nie saamstaan nie? Hoekom word ’n boer vermoor? Hoekom word vroue en kinders mishandel en verkrag? Is dit wat ons vir ons nageslag wil los? Is dit die toekoms vir hulle?
Dit is so hartseer om na van die mense se kommentare op sosiale media te kyk wat sê dat die boere doodgemaak moet word en hoe wit en swart baklei en mekaar dreig.
Suid-Afrika is een mooi land met talentvolle mense en nou kan al die mooi dinge nie eers die slegte goed laat wegval nie. Almal pak op en hardloop weg in plaas daarvan om ’n verskil te maak? Ek stem saam met meeste van die videos dat ons land ander lande se hulp moet inkry. Die gaan nie oor wit en swart nie dit gaan oor lewe en dood en die behoud van ons land.
Kom Suid-Afrikaners, kom ons ruk SA reg en kom ons bou ’n beter toekoms vir ons nageslag.
Susanna du Toit – Alberton.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



