EntertainmentLifestyle

Lizandra Winter stel haar nuwe musiekvideo bekend

Die rol van die ouer dame in die video word deur Marthie Steyn vertolk en die dogtertjie in die video is Lizandra se eie klein prinses, Zanilah von Hagen.

Lizandra Winter se eerste enkelsnit, Die Begin, vanaf haar selfgetitelde Afrikaanse debuut-album is vroeër vanjaar vrygestel en kan gereeld oor die klankgolwe van radiostasies landswyd gehoor word. Die musiekvideo vir hierdie liedjie is besonders en is pas bekendgestel.

Kyk die video hier: 

Die video handel daaroor dat ’n mens so maklik vasgevang word in die gejaagdheid van die lewe dat jy vergeet wat regtig belangrik is. Die video is moontlik gemaak deur Little Big Studio en deur DaVille Films (Jean de Viliers & Ja-en Kleynhans) vervaardig. Verfilming het by Val de Grace, Leon en Terese Potgieter se woning, plaasgevind en die konsep is deur Jacques de Villiers (Joshua na die Reën) en Lizandra Winter ontwikkel.

Die rol van die ouer dame in die video word deur Marthie Steyn vertolk en die dogtertjie in die video is Lizandra se eie klein prinses, Zanilah von Hagen.

Regissuer: Jacques de Villiers.

Grimering en hare: Faffa de Klerk.

Stel: Jean de Villiers, Jacques de Villiers, Ja-en Kleynhans en Jeanlie Minnie.

Oor haar debuut-album sê Lizandra: “Die liedjies wat ek gekies het om op die album te wees is oor ’n tydperk van twee jaar geskaaf. In elke seisoen van my lewe was daar nuwe inspirasie en het ek geskryf oor die lesse wat ek geleer het en die dinge wat ek voel ek nog moet bemeester. Die musiek op die album gaan oor daardie kosbare dinge in die lewe wat geld nie kan koop nie en waarin ewigheidswaarde lê. Ek het besluit om dit ’n selfgetitelde album te maak omdat die liedjies vasvang wie ek is. Dis amper soos ’n aankondiging wat sê: ‘Hier is ek, Wêreld!’”

Lizandra se strelende fluweelstem gaan nie net diep spore in die Afrikaanse musiekbedryf trap nie, maar is ook ‘die perfekte begin’ van ’n baie belowende solo-loopbaan vir hierdie talentvolle kunstenaar.

*Vrygestel deur Alishia van Deventer van Starburst Promotions.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button