LettersOpinion

Baie dankie Fox Security

Diewe kom weg.

Ek wil net vir Fox Security baie dankie sê vir hulle vinnige reaksie op 8 Januarie.

Twee mans, ongeveer 24 jaar oud, het by my man se werk ingebreek in Alrode en binne 12 minute ’n dubbel sleepwa met ’n gholfkar en buggie wat bo op die sleepwa was, gehak en gesteel.

Ek het dit op ’n Whatsapp-groep gesit en ’n man het my laat weet dat sy huurders besig is om die gholfkar in sy erf in Albertsdal, net twee minute van my man se werk af, af te laai.

Ek het Fox Security gebel, die adres gegee en gevra vir hulp. Ons het deurgejaag en met ons aankoms, was Fox Security reeds daar. Die skelms het ongelukkig voor ons aankoms weggejaag met die sleepwa en groen buggie maar ons het die gholfkar gekry.

Fox Security het die polisie gekontak en alles hanteer.

Oor en oor het Fox Security vir ons gewys dat hulle die beste is. Hulle reaksie is uitstekend. Baie dankie, julle is tops.

Alida Potgieter – Alberton

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button