Ranties vat interlaer titel vir 13de agtereenvolgende jaar
Die Rantie-span en hul ondersteuners was daar om te wys hoe goeie voorbereiding uiteindelik beloon word.
LAERSKOOL Randhart het weereens die interlaer titel huistoe gebring.
In bewolkte omstandighede by Hoërskool Dinamika op 13 Februarie, met Laerskool Orion as gasheer, het die aksie op die baan en veld vir witwarm opgewondenheid gesorg.
Die Rantie-span en hul ondersteuners was daar om te wys hoe goeie voorbereiding uiteindelik beloon word en het dit juis bewys deur die interlaer vir die 13de agtereenvolgende jaar te wen.

Die Randhart-veggees was vir almal daar om te sien en dit was veral die aflosse wat vir baie die hoogtepunt van die dag was. Altesaam het Laerskool Randhart 35 eerste plekke, 33 tweede plekke en 27 derde plekke gedurende die interlaer behaal.
“Geluk aan elke atleet wat deelgeneem het, aan almal wat medaljes ontvang het en ook aan elke Rantie-ouer en afrigter wat so baie tyd opgeoffer het om die kinders die beste geleentheid moontlik te gee om so goed te presteer. Ook aan ons hoof, meneer Van Zyl, baie dankie vir al die ondersteuning deur die jare. Meneer kan darem op die spreekwoordelike hoë noot u atletiek-‘loopbaan’ by Randhart afsluit,” het Michael Boucher van die skool gesê.

Alle foto’s is deur die skool verskaf.
Baie sterkte aan Randhart se 66 atlete wat gekwalifiseer het vir 17 Februarie se Albertonkampioenskappe wat by Germiston Stadion gehou gaan word. “Ons sal aan julle dink waar julle die Rantie-naam hoog gaan hou,” voeg Boucher by.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



