School sportSport

Allies rugby begin sterk

Hoërskool Alberton het hulle seisoen op ’n hoë noot begin met hulle oorwinning oor Hoërskool Oosterlig.

HOËRSKOOL Alberton se eerste rugbyspan het hul rugbyseisoen op ’n hoë noot begin deur Hoërskool Oosterlig 66-12 te klop.

Hoërskool Alberton het van die begin fluitjie af die wedstryd onder beheer gehad en gereeld agter die doellyn gaan kuier. Alberton se vaste fasette asook hulle teenaanval vanaf omgekeerde besit was baie goed op die dag en het vele probleme by die opponent geskep. Kaptein Jonathan Potgieter en sy sentermaat Jonathan Vermeulen het van voor af gelei en Oosterlig behoorlik laat sweet met hulle vinnige systappies en kraglopies.

Oosterlig het wel twee keer van gapings in die verdediging gebruik gemaak om terug te slaan.

Die positiwiteit van laas jaar se Coke-reeks het duidelik oorgedra en al Allies se spanne het met ’n wen weggestap.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button