EntertainmentLifestyle

Geraldine Scholtz stel tweede enkelsnit bekend

Hierdie enkelsnit is een wat jy nie wil mis nie.

GERALDINE Scholtz het geen bekendstelling meer nodig nie.

Haar eerste enkelsnit, Sommer, ’n popliedjie uit die pen van Johan Oberholzer, is gedurende Augustus 2017 uitgereik en het vir meer as sewe maande bo-aan die trefferperades van talle radiostasies landswyd gepryk.Die musiekvideo vir hierdie liedjie was ook vir byna sewe weke op kykNET Top20 se ranglys en sy het beslis met die intrapslag gewys waarom Suid-Afrikaanse luisteraars en gehore gaande is oor haar.

Hierdie blonde, blouoog talent van die Laeveld het groot drome en gryp elke goeie geleentheid wat haar pad langs kom met dankbaarheid aan.

Geraldine se musiek is baie eerlik en sy deel haar hart met luisteraars. Sy streef daarna om iets vars na die mark te bring, waarna alle ouderdromsgroepe kan luister en geniet. Haar splinternuwe enkelsnit, Mis, uit die pen van Johan Oberholzer en vervaardig deur Robin Kielly, word hierdie week aan radiostasies landswyd uitgereik.

“Die liedjie gaan oor ’n mens se eerste liefde en die impak daarvan. Dit gaan oor die eerste ontmoeting met liefde en hoe mooi dit kan wees. Soms mis ’n mens die gevoel van jou eerste liefde, maar soms moet jy val voordat jy werklik kan vlieg,” sê Geraldine.

Johan Oberholzer sê: “Na die sukses van Sommer het ons almal besef dat ons besig is met ’n kompeterende kunstenaar en dat die opvolg enkelsnit nog ’n deel van haar veelsydigheid moet wys. So is Mis gebore – ’n sterk ballade oor verlies en eerste liefde wat altyd ’n blywende impak maak”.

(Foto krediet: Jacques du Preez)

Die deurwinterde en geniale vervaardiger, Robin Kielly praat met lof van Geraldine.

“Dit was vir my heerlik om saam met Geraldine te werk. Sy is ongelooflik toegewyd om haar beste te gee en het positief gebly ten spyte van al die uitdagende versoeke wat ek aan haar in die ateljee gerig het. Sy is jonk, maar baie volwasse in haar houding en uitkyk op die lewe en dit is verfrissend. Ek wens haar net die beste toe.”

Geraldine is ook hierdie jaar by Innibos te sien met ses vertonings.

Geraldine glo vas dat musiek ’n kunswerk is wat die hart deur middel van die ore raak, en dit is ook wat sy graag met haar liedjies en loopbaan wil bereik.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button