LAERSKOOL President Steyn het hulle jaarlikse Welpie en Nooientjie byeenkoms op 21 April aangebied.
Soos voorheen was dit weer ’n sukses vir die skool en het dié byeenkoms baie mense gelok. Baie ander laerskole het ook aan die byeenkoms deelgeneem. Dit was ’n groot dag vir die kleintjies.
ONDERSTEUNING: Hier is die bekende Mufasa saam met die o-8 rugbyspan op 21 April.
TE OULIK: Die o-7 netbal spannetjie van Laerskool President Steyn tydens die Welpie en Nooientjiedag op 21 April.
SPANBOU: Een van Laerskool President Steyn se rugbyspanne voor hulle wedstryd op 21 April.
VOORBEREIDING: Die klein rugbyspelers luister aandagtig na hulle afrigter voor die begin van hulle wedstryd.
IN AKSIE: Hier is van die netbaldogters in aksie tydens die Welpie Nooientjiedag by Laerskool President Steyn.
REG VIR DIE WEDSTRYD: Die o-9 netbalspan van Laerskool President Steyn voor hulle wedstryd.