GALLERY: Hoërskool Alberton se Doedie en Dude aand
Ruan Josh en Franja du Plessis vermaak gaste met hulle Afrikaanse musiek.
MET vanjaar se “Moulin Rouge”-tema vir Hoërsool Alberton se Doedie en Dude-aand was dit weereens ’n glansgeleentheid vir die boeke.
Leerders het op 23 Mei gewys waartoe hulle in staat is, nie net die modelle nie maar ook dansers van die skool en dan was daar natuurlik die gaskunstenaars, Ruan Josh en Franja du Plessis, bekende Afrikaanse sanger Juanita du Plessis se twee kinders, wat gesorg het vir top gehalte vermaak.
Die kameras was nie net op hulle gerig nie maar ook op die pragtige finaliste van die skool. Leerders het seker gemaak hulle dress to impress.
Killian Engelbreght is dié jaar se Dude en Biance Theron die Doedie.

Hier is van die ander uitslae:
Eerste prinses Kayla Rubenstein en tweede prinses Veronique van Graan.
Mej Fotogenies was Minke van Schoor met Ané Welman as Mej Persoonlikheid.
By die dudes was Francois Myburgh eerste prins met Jimmy Dadswel as tweede prins. Jeanrique Prinsloo stap weg met die titel vir Mnr Fotogenies en Eddie Ferreira as Mnr Persoonlikheid.
Die skool het almal wat bygedrae het tot die suksesvolle aand bedank. Franja en Raun was ook bedank vir hulle tyd en lekker musiek.
“Baie geluk aan die wenners en ook aan al die finaliste,” het adjunkhoof, Eline Jordaan, gesê.








Lees Ook:
Nuwe netbalbane vir Hoërskool Alberton
GALLERY: Hoërskool Alberton 70ste verjaardag viering
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



