GALLERY: ‘n “Reis om die wêreld” in een oggend
Die tema was ’n reis om die wêreld, met musikale kunstenaar Yoti die Griekse Boertjie.
ALBERTON Aftree-Oord bied maandelikse teepartytjies met ’n ander tema en gaskunstenaar vir hul inwoners en dié se vriende aan.
September se teepartytjie se tema was ‘n reis om die wêreld, met musikale kunstenaar Yoti die Griekse Boertjie wat verseker het dat dit een groot plesierigheid was.

Die aftree-oord se saal was propvol tafels en mense. Elke tafel was versier volgens ’n verskillende land, en het vingerhappies volgens elke land se kultuur gehad.
Lande wat by hierdie byeenkoms verteenwoordig was, het Suid-Afrika, Nederland, Jamaica, Griekeland, Spanje, Engeland, Italië, Meksiko, Portugal en vele ander ingesluit.

Yoti het liedjies van elke land in die saal gesing. Dit was heerlike pret en omtrent niemand was skaam om saam te sing, dans of hande te klap nie.
Die volgende teepartytjie sal op 26 Oktober, weer by die Alberton Aftree-Oord saal om 9.30vm vir 10vm plaasvind. Die tema sal harmonie wees, met gaskunstenaar Marius Dippenaar. Hy gaan die gehoor betower met sy country musiek.

Indien jy belangstel om die volgende teepartytjie by te woon, besoek die Aftree-Oord by 45 Kritzinger Weg, Florentia, of skakel vir Willemien op 082 688 1910 of 011 907 1628.



For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.
Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup



