Local sportSport

Ranties ryers gereed vir 947 Cycle Challenge

Hierdie jaar ry hulle tot ondersteuning van kinders met kanker.

LAERSKOOL Randhart se 947 Cycle Challenge span het op 8 November by Jon Dory’s bymekaargekom om vir die wedren voor te berei.

Die spanlede, wat jaarliks vir liefdadigheid saamry, het elk hulle truie op die dag ontvang en die borge bedank vir die bydraes wat hulle lewer om die fonsinsameling moontlik te maak.

Verlede jaar het Ranties ten bate van die DBV gery en vanjaar samel hulle fondse in vir drie Randhart-leerders wat kankerpasiënte is. Die mikpunt vir die jaar is om R100 000 in te samel om die leerders en hul families by te staan.

Teen 8 November het die span reeds R90 930 ingesamel en organiseerder, Corli Carratu, is oortuig dat na die afloop van die wedren hulle hul mikpunt sal haal.

Tien fietsryers van die span neem aan die bergfietsren deel en 49 spanlede sal die padwedren aandurf.

Die Randhartspan wil graag hulle borge bedank vir die bydrae wat hulle gelewer het.

Baie dankie aan hoofborg en hemdeborg Audi East Rand. Dankie vir die logo borg Mauwer en Delport. Baie dankie aan die ander borge Bellavista, Biza Bonke, The Labour Advocate, Lewis Electrical Solutions, Staro, ACDC Express – Lemon Tree, Wenpro, Rapid Fire, Rep en Roer Kleuterskool, Victorious Nails, K & B Attorneys, Just Property Alberton, Thermo Tec Enginering, RN Instumentation, SOG Security en V & R Projects and Maintenance.

“Julle bydraes sal ’n verskil aan lewens maak,” het Corli gesê.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button