GALLERY: Jaarlikse Kermis Motorskou groot pret
Dit was ’n heerlike dag vir almal teenwoordig, met voel lekker Afrikaanse musiek en sonskynweer.
DIE NG Kerk Brackendal het op 10 November hul jaarlikse Kermis Motorskou gehou waarheen almal in die gemeenskap genooi was.
Daar was ongeveer 150 pragtige, blink motors – veteraan en nuut – op skou vir almal om te bewonder. Daar was dan ook ’n klomp stalletjies wat allerhande oulikhede en heerlike kermiskos en tuisgebakte lekkergoed verkoop het.
Kinders kon lekker baljaar en lag by die speelgronde, sandput en springkasteel. Daar was ook ander kinderaktiwiteite om te geniet, soos om koekies en kolwyntjies te versier en speelgoed te koop.

Dit was ’n heerlike dag vir almal teenwoordig, met voel-lekker Afrikaanse musiek en sonskynweer vir ‘n tydlose Saterdag-oggend atmosfeer. Moenie die volgende Kermis-Motorskou misloop nie – die REKORD sal lesers op datum hou sodra reëlings gemaak word.




For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.
Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup



