
Ek verwys na die ‘Unemployabe at 65’ brief in Alberton RECORD van 14 November.
Die skrywer kla dat hy verplig is om op 65 op pensioen te gaan.
Ons weet tog almal dat daar ’n tyd kom na 60 dat ons plek moet maak vir ’n jonger geslag, veral in die huidige ekonomie waar daar nie genoeg werk vir almal is nie.
Staan bietjie terug en dink liewer aan broodwinners wat nog jong gesinne met skoolgaande kinders het.
As jy voel jy kan nog ’n diens lewer, gaan doen vrywilligerswerk.
Ek self moes aftree op 63 en finansieel is dit nie altyd maklik nie, maar ek weet deur my aftrede is ’n jonger gesin dalk geholpe.
Ook ’n pensionaris
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.
Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup



