GalleriesNews galleries

GALLERY: Brackenhurst VLU geniet modes deur die jare

Elke dekade se modes is eers verduidelik sodat almal iets kon leer oor die tydperk en tradisies.

HIERDIE was een vrolike byeenkoms met opgewekte klaviermusiek en modes oor die dekades heen.

VLU Brackenhurst het vir hul jaareindvergadering ’n modeparade gehou waar hulle met 13 dekades – van die 1900’s tot 2018 – se vroue-modes gespog het. Susie du Plooy was die seremoniemeester en het soos Eliza Doolittle in My Fair Lady aangetrek.

Barbara Steenkamp het ook die atmosfeer verder opgevrolik met klaviermusiek, terwyl die modelle in hul historiese uitrustings gepronk het. Die modelle, almal lede van dié tak, was Anna-Marie du Plooy (1900’s), Brenda van Zyl (1910’s), Helene Hattingh (1920’s), Barbara van Jaarsveld (1930’s), Lorraine Theron (1940’s), Petro Toulson (1950’s), Rina Viljoen (1960’s), Mienie Hewitt (1970’s), Jackie Birk (1980’s), Lucia Wilson (1990’s), Rosa van der Spuy (2000’s), Hannetjie Nolte (2010’s) en Cherita Morrison (2018).

1900: Anna-Marie du Plooy.

Elke dekade se modes is eers verduidelik sodat almal iets kon leer oor die tydperk en tradisies.

Tien VLU-dames het ook gebreide prostetiese borste, Knitted Knockers, na die vergadering gebring sodat dit aan Cansa geskenk kan word. Hierdie prostese word deur Cansa versamel vir vrouens wat hul borste verloor het as gevolg van borskanker.

1990: Lucia Wilson.

Die volgende VLU-vergadering sal volgende jaar plaasvind. Vir meer inligting hieroor, of om by die VLU Brackenhurst-tak aan te sluit, kontak gerus vir Susie du Plooy op 082 465 0044.

1970: Mienie Hewitt.
2010: Hannetjie Nolte.
1910: Brenda van Zyl.
1980: Jackie Birk.
2000: Rosa van der Spuy.
1920: Helene Hattingh.
2018: Cherita Morrison.
1930: Barbara van Jaarsveld.
1950: Petro Toulson.
1940: Lorraine Theron.
1960: Rina Viljoen.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button