Sheneca blink uit in netbal
Sheneca Smith is gekies om aan ’n oefenkamp deel te neem met die oog op die 2023 Netbal Wêreldkampioenskappe.
SHENECA Smith is pas gekies om aan ’n oefenkamp deel te neem met die oog op die Netbal Wêreldkampioenskappe wat oor drie jaar in Kaapstad aangebied word.
Sy is een van Hoërskool Marais Viljoen se uitblinker netbalspelers. Sheneca, wat verlede jaar kaptein van die SA o-17 netbalspan was, is een van 120 vroue wat gekies is om aan ’n keuringsoefenkamp deel te neem.
Na die kamp gaan 40 vroue gekies word as deel van die oefengroep vir die 2023 Wêreldkampioenskappe in Kaapstad. Die oefenkamp gaan in Augustus gehou word.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup



