Hiermee wil ek en my man, en ek glo dit is namens al die ander Sassa begunstigdes, baie dankie sê aan Pick n Pay Brackenhurst.
Hulle maak gewoonlik eers om 8.30vm oop, maar 31 Mei was ’n uitsondering.
Omdat die Sassa gelde reeds op Vrydag uitbetaal is, aangesien 1 Junie op ’n Saterdag geval het, het Pick n Pay Brackenhurst besluit om hul deure al om 7vm vir Sassa begunstigdes oop te maak. Nie alleen kon ons vinnig ons sake afhandel nie, maar ons is almal verras met ’n heerlike warm beker groentesop – heerlik dik met baie vleis in.
Ons woon nou al ses jaar lank in Mayberry Park, en hierdie is vir ons ’n eerste. As pensioentrekkers van 80 jaar plus is ons waardering vir wat julle vir ons doen, baie groot.
Nogmaals baie dankie aan die bestuur van Pick n Pay Brackenhurst.
Nettie en Willie van der Walt
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Get regular news updates sent directly to your inbox: Newsletter-Signup



