
‘n Baie groot dankie aan Makro Alberton en Melissa van Heerden wat dit vir ons moontlik gemaak het om vir die Xavier Old Age Cottages in Crown Mines pakkies kruideniersware vir Kersfees te kon voorsien.
Dit word opreg waardeer. Dankie ook aan al ons familie en vriende wat die afgelope drie jaar bygedra het – sonder julle sal ons projek nie moontlik wees nie.
Die dankbaarheid en waardering op die oumensies se gesigte kan nie in woorde omgesit word nie.
Thelma en Carla



