
Die Albertonse Mannekoor wil net almal bedank vir hul getroue ondersteuning gedurende 2013.
Ons het omtrent van dorp tot dorp gegaan om gemeentes met ons sang te bedien. Ons 20 jaar viering was ook ‘n reuse sukses.
Ons het weer ‘n hele paar hoogtepunte vir 2014, waarvan die grootste een ons Paassangdiens Program gaan wees.
Ons sal vroegtydig die gemeentes se besonderhede plaas oor waar die program aangebied gaan word.
Ons doen weer eens ‘n beroep op nuwe koorlede. Kontak ons gerus by 083 232 0359.
Rienie Venter



