LettersOpinion

Stortingsterrein – Heidelberg Road

Inwoners is ontsteld oor ongerymdhede wat by die stortingsterrein aangaan.

Ons tuindienste is keelvol vir die ongerymdhede wat by die stortingsterrein aangaan.

Daar is elke dag nuwe mense wat daar werk. Hulle sit almal (omtrent 20 tot 30 werkers) onder die afdak. Die oomblik wat daar ‘n voertuig inkom, word daar van onder die dak vir jou geskree.

Na vele probeerslae om die situasie te ondersoek, het niks daarvan gekom nie. Duidelik word daar niks daaraan gedoen nie. Meeste van die tyd staan daar trokke waar jy jou tuinvullis moet ingooi, maar dan word daar vir jou gesê die trok is stukkend.

Daar mag ook ewe skielik geen swart sakke daar gegooi word nie, maar terwyl jy besig is om jou sleepwa leeg te maak, kom daar ‘n bakkie met hoë kante propvol swart sakke wat daar aflaai.

Indien jy sou waag om te vra nou hoekom mag hy daar aflaai, word daar vir jou gesê dis ‘n kontrakteur van Ekurhuleni. Volgens my kennis moet hy gemerk wees: “Kontrakteur vir Ekurhuleni”.

Sou daar ‘n bakkie inkom wat bruikbare goedere op het, hardloop almal om te kyk wat hulle kan kry en het nie ‘n saak waar jy dan aflaai nie.

Anoniem

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button