EntertainmentLifestyle

Joshua na die Reën

Die hoofsanger, Jacques de Villiers, is ‘n uitmuntende musikant en skryf hoofsaaklik sy eie liedjies.

Saterdagaand 10 Mei tree die orkesgroep Joshua na die Reën by die NG-Kerk, Brackenhurst op.

Die hoofsanger, Jacques de Villiers, is ‘n uitmuntende musikant en skryf hoofsaaklik sy eie liedjies. Hy en sy broer was albei lede van die Cantare en Colla Voce Jeugkore en het in Alberton skool gegaan.

Die liedjie, Lig op die Horison het gou welslae behaal en word byna elke dag op RSG gespeel.

Die groep is tans besig om hul CD landswyd bekend te stel en tree by die KKNK Kunstefees op.

Hulle musiek vind byval by oud en jonk.

Fondse wat ingesamel word is ten bate van die NG Kerk Brackenhurst en die Cantare Kinderkoor.

Kaartjies vir die geleentheid is R80 vir volwassenes en R60 vir kinders en sluit iets te ete in. Heerlike pannekoeke en ander verversings sal ook te koop aangebied word.

Vir verdere inligting en besprekings skakel die kerkkantoor by 011 867 3623 of 082 257 1407.

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button