EntertainmentLifestyle

Jimmy’s Steakhouse Sauce Braai-kompetisie

Kom ontmoet die akteurs van die kykNET sepie Binnelanders by die Klipkoppiefees se braai-kompetisie.

MEYERPLAAS – Vanjaar maak die akteurs van die kykNET sepie Binnelanders ‘n draai by die Klipkoppiefees en hul deelname aan die braai-kompetisie gaan beslis sorg vir groot vermaak, en hopelik iets smaakliks opdis.

Die konsep van die kompetisie is as volg:

Daar is vier spanne en elke span bestaan uit een Binnelanders akteur, een persoon van die publiek en een span wat bestaan uit Corne Borman (Borries,) wenner van die Bring en Braai kosprogram op kykNET, wat saam met ‘n lid van die publiek sal meeding teen die ander spanne.

Elke span kry ‘n geheime pakkie met bestanddele wat hulle moet gebruik, en die span het net twee minute om iets ekstra vir hul geregte uit die spens te kry.

Spanne moet ‘n hoofgereg en ‘n bykos vir die kompetisie voorberei.

Spanne word verskaf met:

* ‘n Gasbraaier

* ‘n Werkstasie met gereedskap en die geheime pakkie met bestanddele

Die beoordelaars vir die dag is:

* Jimmy Baptista van Jimmy’s Steakhouse Sauce

* ‘n Verteenwoordiger van die borge; en

* ‘n Verteenwoordiger van die Klipkoppiefees se kommitee

Pryse op die spel:

Die publieke deelnemer van die wenspan wen ‘n braaier en ‘n trofee van Jimmy’s Steakhouse Sauce.

Troospryse aan die ander deelnemers deur Jimmy’s Steakhouse Sauce en ander borge.

Kontak Hetta Saunderson by 082 920 3444 indien jy wil deel wees van dié braai-kompetisie.

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button