
ALBERTON – Ek ry elke dag daardie spesifieke pad werk toe en male sonder tal is die verkeersligte uit en dam die verkeer op tot amper by Hennie Albertstraat. Ag die verkeersbeamptes puntdiens as benede hul waardigheid, of waarom word daar nie van hulle gebruik gemaak in sulke omstandighede nie? Dit is erg frustrerend om ‘n stukkie pad te ry wat normaalweg net sewe minute neem, maar nou tot ‘n halfuur neem.
Dit is onaanvaarbaar! Ons soek definitief antwoorde van die Verkeersdepartement.
Mev. A. Oberholzer
Brackenhurst



