Local sportSport

Jansen skop stof in sy ourderdomsgroep se oë

Jansen wen goue medalje in sy ouderdomsgroep

ANDRE Jansen het tydens die afgelope Suid-Afrikaanse Landloop Kampioenskappe ‘n goue medalje in sy ouderdomsgroep losgehardloop.

Die SA Landloop Kampioenskappe het op 13 September in Pacaltsdorp, George plaasgevind. Al die provinsiale spanne het aan die kampioenskappe deelgeneem en Sentraal Gautengspan het behoorlik stof in die ander spanne se oë geskop.

SGA het altesaam 81 medaljes verower wat vir elk van die 255 sterk SGA-spanlede ‘n pluimpie in hul hoed is.

Jansen het in die 55-59 ouderdomsgroep deelgeneem en eerste met ‘n tyd van 33:37,5 oor die 8 km geëindig. Dit het aan hom ‘n algehele 98ste plek in die mansgroep besorg.

Alle atlete is welkom om by die landloop aan te sluit. 2015 Landloop Kampioenskeppe vind in Middelburg plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button