Sport
Wêreldmedalje vir meester Chris
Aleberton se top meesterstoeier Chris Sutton het dit weer gedoen.
ALBERTON – Chris het teruggekeer van die wêreld meesterskampioenskappe in Belgrade, Serbië met‘n silwermedalje.
Chris was een van vyf medaljewenners van Suid-Afrika, ten spyte daarvan dat Rusland sy medalje-oes in die wiele gery het.
Sy spanmaat Willem Putter wen goud. Die ander drie bronsmedaljewenners vir SA was Monty de Beer, Bernie van Deventer en Fanie Vermaak, om aan die land ‘n sewende plek uit 37 spanne te besorg.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



