Local sportSport

Goue Leeus rugby op koers

Die Goue Leeus sal hul 126ste rugbyjaar afskop met opwarmwedstryde teen Noordwes spanne op ‘n besondere goeie vastrapplek in hul mondering.

ALBERTON – Die Leeus is huidige naaswenners van die Curriebeker wat in 2011 verower is, en na ‘n suksesvolle terugkeer vir die Leeus streekspan na super rugby kan hul net voortbou op die fondasie van sukses wat verlede seisoen gelê is.

Danksy nuwe internasionale borgskappe is die GLRU gefokus om ster seniorspelers soos Albertonners Jaco Kriel en Derick Minnie, kaptein Warren Whiteley en losskakel-uitblinker Mauritz Boshoff as gekontrakteerde spelers tot 2016 aan die Leeus te verbind.

Benewens die nuwe borgskap, gaan die gewilde vlootblou trui, wat tydens die 125ste bestaansjaar vir die Curriebekerreeks gebruik is, as die amptelike trui vir wegwedstryde gebruik word.

Die Leeus se immergewilde afrigter Johan Ackerman is op die vooraand van die nuwe seisoen gelukkig met hoe dinge ontwikkel het en die opbou-proses is op koers.

Die Leeus wil voortbou op die opwindende, aantreklike spelpatroon van die vorige seisoen. “Ons het die meeste spanne in 2014 verras. Die kuns is nou om een tree voor ons teenstanders te bly, want die teiken op ons rug is ‘n groter een,” meen Leeus hulpafrigter Swys de Bruin.

Die Superreeks skop gedurende die naweek van 6 Februarie af en Leeus ondersteuners kan op Vrydagaand 13 Februarie opruk na Ellis Park of Emirates Airways Park, soos dit nou bekend staan, om die Superreeks openingswedsryd teen die Hurricanes te aanskou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button