EntertainmentLifestyle
Gesellige Moedersdagmark
Die NG gemeente Alberton-Oos nooi Albertonners na die kerk se jaarlikse Moedersdagmark op Saterdag, 9 Mei.
ALBERTON – Verrigtinge begin reeds om 08:30 tot 13:00 by die kerkgronde, hoek van Jan Coetzeestraat en Berghweg, Florentia.
Uitstallers vir die dag, waaronder spesiale skole, het allerlei oulike geskenke, en dan is daar natuurlik die teetuin met heerlike eetgoed.
Jy kan ook jou hele gesin kom trakteer op ‘n uitmuntende, vars voorbereide ontbyt by die teetuin.
Vir meer inligting, skakel of SMS 083 384 3248 of e-pos ngalboos@mweb.co.za



