Skolerugby skop tuis af
Die langverwagte skolerugby ligaseisoen, ná toere van die meerderheid spanne gedurende die Aprilvakansie, skop op Saterdag 9 Mei tuis vir Alberton High af, wanneer President van die Suide op Alberton High se velde om 11:00 (eerstespanne) gepak word.

ALBERTON – Alberton High se vorige tuiswedstryd was voor die langnaweke die tradisionele Engelse skolederby teen Bracken High. Hoërskool Alberton begin in ‘n wegwedstryd op Linden.
Marais Viljoen se nuwe Makroskolereeks skop eers op 23 Mei teen Jeugland (weg) af. Dit is dieselfde dag wanneer die groot Afrikaanse skolederby tussen Hoërskole Alberton en Dinamika gespeel word.
* Neem kennis dat alle skolerugbybepalings onderworpe is aan laat veranderings.



