EntertainmentLifestyle

Dit is kermistyd

Dit is weer tyd vir die groot fees by die Alberton Aftree-Oord en die bal is aan die rol vir hul kermis op Saterdag 6 Junie van 09:00 af.

ALBERTON – Dieselfde gebak, soos by Pannekoekden, naamlik pannekoeke, vetkoeke, kerrie en rys, jaffels, prego-rolle, boereworsrolle, hoenderrolle, tuisnywerheidtafel en koektafel, heerlike poedings en ribrolle gaan aangebied word. Die oord neem ook die vrymoedigheid om skenkings van die publiek te vra vir klaar gebakte koeke vir hul koektafel. Dan is daar natuurlik koeldranke, tombola en spookasem.

Die oord vra die publiek se ondersteuning aangesien dit ‘n fondsinsamelingsprojek is. Kom kuier en eet saam. Tafels en stoele sal beskikbaar wees vir die gemak van besoekers.

‘n Kontantkroeg is ook beskikbaar. Tafels is beskikbaar vir uitstallers van buite teen ‘n nominale fooi.

Vir meer inligting skakel die kantoor op 011 907 8641 tydens kantoorure (09:00 tot 13:00) en gesels met Cathy of Renie. Die oord is geleë in Kritzingerweg 45, Florentia.

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button